Insake: Nuut by Fortifood.

 

Geagte Fortifood kliënt,

Ons neem die vrymoedigheid om u in te lig oor nuwe Fortifood produkte en ander inligting wat u nuttig mag vind. U ontvang hierdie nuusbrief omdat u produkte by ons gekoop het gedurende die afgelope ses maande. Indien u verkies om nie soortgelyke inligtingstukke in die toekoms te ontvang nie, sal ons dit waardeer indien met ons kantoor sal skakel om van ons adreslys verwyder te word.

Die vorige nuusbrief is ‘n hele ruk gelede gesirkuleer, en ons hoop dat hierdie ene u sal help om op hoogte van sake te kom en dat dit nuttige inligting en antwoorde verskaf vir vrae wat gereeld deur kliënte gevra word.

 

  1. 1.       GEEN YSTER IN FORTIFOOD SE MULTI-NUTRIENT

Ons ontvang gereeld navrae waarom ons Multi-nutriënt produk geen yster bevat nie. Die rede hiervoor is dat ons nie in yster aanvulling glo vir almal as daaglikse aanvulling nie. Yster aanvullings is nie goed vir almal nie, en in sommige gevalle mag dit selfs nadelig wees. Oormatige yster mag vryradikaal-aktiwiteit bevorder en derhalwe siektetoestande soos hartsiektes aanmoedig. Dit mag ook die werking van sekere medikasies en nutriënte soos vitamien E belemmer. Vêrder is daar ‘n klein groep mense wat yster akkumuleer, en aan sulke persone moet beslis geen ekstra yster gegee word nie. Alhoewel ystertekort ‘n probleem is by ‘n aansienlike aantal jong vrouens, bestaan daar nie tekorte by meeste mans en vrouens nie. By hierdie persone mag aanvulling skadelik wees. Yster behoort derhalwe slegs aangevul te word waar daar bewese tekorte bestaan.

 

  1. 2.       PROGESTEROON EN E-TRIOL ROME: NUWE BASISROOM

‘n Aantal kliënte het navraag gedoen oor die verandering in kleur van bogenoemderomeen dat dit meer vetterig is as voorheen. Die rede hiervoor is dat sojaolie nou as basis gebruik word in plaas van die vloeibare paraffienolie wat tot dusvêr gebruik is. Die redes hiervoor is tweeledig. Eerstens is die veiligheid by met die langtermyn gebruik van paraffienolie nie ‘n uitgemaakte saak nie vanweë die moontlike xeno-estrogeen effek en gepaardgaande kanker risiko. Alhoewel min navorsing hieroor gedoen is, bestaan daar tog so ‘n moontlikheid. Die tweede, en belangriker rede het te make met absorpsie. Progesteroon is beter oplosbaar in sojaolie, en sojaolie is beter oplosbaar in die vetterige hipodermis laag (binneste laag) van die vel. Daarom is die gebruik van sojaolie ‘n beter metode om te verseker dat die molekules deur die binneste lae van die vel getransporteer word om sodoende in die bloed opgeneem te word. Die nadele van sojaolie is dat dit olierig is en derhalwe langer neem om deur die boonste laag van die vel te dring, en dus ‘n bietjie langer neem om in te vryf.

 

  1. 3.       AMINOSURE AS ALGEMENE AANVULLING.

Daar bestaan ongeveer twintig verskillende alfa-aminosure wat belangrike metaboliese funksies in die mens vervul. Tien hiervan word na verwys as “essensiële aminosure”, omdat dit nie in die liggaam gesintetiseer (vervaardig)kanword nie. Hierdie aminosure moet dus uit voedsel verkry word en hulle dien as boustene in baie van die liggaam se eie proteïene. Oor die algemeen voorsien ‘n goeie dieet wat verskeie dierlike en plantaardige proteïene bevat in al die mens se behoeftes en daar bestaan derhalwe geen rede waarom u dit in die vorm van duur aanvullings moet neem nie. Moontlike uitsonderings bestaan by sommige sportsoorte waar die klem op spierontwikkeling val (liggaamsbouers ens.)

Sommige aminosure kom egter nie in voedsel voor nie (of nie in genoegsame hoeveelhede nie), en sommige hiervan speel ‘n belangrike metaboliese rol of hulle is andersins van terapeutiese waarde.

 

Sekere aminosure kom nie in voedsel voor nie (of dit kom slegs in klein hoeveelhede voor), en sommige hiervan vervul belangrike metaboliese funksies in die liggaam, of hulle is van terapeutiese waarde. L-Tourien en L-Arginien is voorbeelde hiervan. Tourien is nie ‘n alfa-aminosuur nie en speel ‘n belangrike rol by die instandhouding van elektriese ewewig by sel membrane, en arginien is ‘n basiese alfa-aminosuur wat benewens die vervulling van ander funksies die unieke eienskap besit om vaskulêre tonus te beheer deurdat dit stikstof oksied genereer. Hierdeur reguleer dit bloeddruk. Aanvulling met hierdie aminosure vir spesifieke doeleindes mag by baie mense nuttig wees. Fortifood verskaf dan ook aminosure wat in laasgenoemde kategorie val, en verskaf, vir redes hierbo genoem, nie ‘n algemene aminosuur produk nie.

 

  1. 4.       AANVULLINGS: SAAM MET MAALTYE OF NIE?

Daar bestaan twee belangrike redes waarom voedsel aanvullings saam met maaltye behoort geneem te word. Eerstens word meeste nutriënte beter geabsorbeer in die teenwoordigheid van ‘n suur omgewing soos wat die geval is na ete.

‘n Suur omgewing is ‘n voorvereiste vir die opname van minerale soos kalsium en magnesium, en ander voedsel groepe soos vitamiene word ook beter opgeneem in die teenwoordigheid van ‘n suur omgewing. ‘n Ander rede is dat die sinergistiese werking van sekere nutriënte beter plaasvind in die teenwoordigheid van ander nutriënte wat in voedsel voorkom. Die voordeel wat verkry word deur die inname van die nutriënt word derhalwe verhoog deur die aanwesigheid van ander sinergistiese nutriënte wat in voedsel voorkom. Die algemene reël is dus dat meeste nutriënte, en veral multi-vitamien en mineraal aanvullings liefs saam met voedsel behoort geneem te word. Vitamien C is ‘n uitsondering: dit behoort nie saam met die hoofmaal geneem te word nie, maar verkieslik tussen maaltye of voor ontbyt. Vitamien C werk egter ook sinergisties met sekere nutriënte soos proantoesianidiene wat in voedsel voorkom. Daarom is dit wenslik om vrugte saam met vitamien C te neem, en die beter vitamien C produkte bevat dan ook om hierdie rede bioflavonoïedes of proantoesianidiene. Ander nutriënte word weer beter opgeneem in die teenwoordigheid van olie. Ko-ensiem Q10 is ‘n voorbeeld hiervan. Daarom is dit beter om u Q10 saam met visolie te neem. Fortifood stel binnekort ‘n nuwe Q10 produk bekend met visolie as basis.

 

  1. 5.       KINDERS, IMMUUNSTELSEL,  ALLERGIEË ens.

Immuunselle ontwikkel vanaf stamselle wat in die beenmurg ontstaan  wat dan in bepaalde organe soos die milt vêrder differensieer. Die belangrikste immuunselle is die NKC (natural killer cells) wat `n verskeidenheid van mikro-organismes  kan vernietig, B-selle wat teenliggame produseer  en T-selle wat onder andere virusse aanval sowel as makrofage (rowerselle) wat invallende mikroorganismes “ eet “ en dan doodgaan. Gesamentlik verdedig hierdie leër van selle die liggaam teen invallende organisms. Ten einde te verseker dat hierdie sisteem maksimaal effektiefkanoptree , is sekere mikronutriënte van besondere belang. Byvoorbeeld  sonder voldoende vlakke van selenium, word T-sel funksie verswak. Daarbenewens is vitamien A van besondere belang vir immuniteit tydens die kinderjare. Vitamien A is miskien die beste gedokumenteerde mikronutriënt vir die bestryding van kinderinfeksies .`nMeta-analise (samevatting van `n groot aantal studies) wat `n groot aantal onafhanklike kliniese studies ingesluit het, het bevestig dat aanvulling met relatief hoë dosisse vitamien A `n betekenisvolle vermindering van mortaliteit tot gevolg gehad het. (ACC/SCN Nutrition Policy, Discussion Paper  No 13, United Nations,  Geneva, 1993).  Persone met verlaagde immuniteit het dikwels lae antioksidant vlakke en derhalwe verhoogde vlakke van vry radikale wat betekenisvol bydra tot virale replikasie. In dié verband is vitamiene E en C van besondere belang. Ander nutriënte wat ook van belang is sluit in sekere B vitamiene, karotenoïede en die minerale sink, magnesium en selenium. Daar is byvoorbeeld in verskeie lande aangetoon dat sink supplemente  diarree in kinders verminder (New Eng J Med 1995, 333: 208)

 `n Praktiese benadering wat al hierdie aspekte in ag neem is om kinders ouer as 2 jaar te behandel met `n goeie multivitamien / mineraal supplement soos Fortifood se “Multinutrient” aanvulling. Dosis vlak word bepaal relatief tot die volwasse dosis van 6 tablette. Die beste manier om verkoues te behandel is om onmiddellik 2000 mg vitamien C toe te dien tesame met Echinacea Fortifood ( volwasse dosisse, kinders kry proporsioneel minder). Daarbenewens behoort alle kinders `n toepaslike dosis goeie kwaliteit lewertraan daagliks te kry as `n bron van vitamien A. Trouens, volgens die jongste inligting, is lewertraan net so voordelig vir volwassenes vanweë die vitamien D en essensiële vetsure wat dit bevat. Ten einde kindersiektes te behandel en voorkom, is dieet net so belangrik.  Een van die beste dinge wat `n ouerkandoen vir `n kind se gesondheid is `n drastiese vermindering of , beter nog, `n algehele uitsluiting van suiker en suiker-bevattende kosse. Dit is jare lank reeds bekend dat suiker die immuunsisteem onderdruk.  Die feit dat suiker versteek voorkom in so baie kosse en koeldranke, maak dit uiters moeilik om te moniteer en te beperk. Ongelukkig is heuning nie veel beter nie – dit is ook `n verfynde suiker alhoewel dit waardevolle minerale bevat wat nie in suiker voorkom nie. Oormatige suiker inname is in die verlede geassosieer met `n lang lys van siektes waaronder diabetes en hartsiektes en in kinders veroorsaak  dit bowendien leerprobleme. Allergieë moet duidelik onderskei word van voedsel-sensitiwiteit. By eersgenoemde is die immuunstelsel duidelik betrokke  maar nie in die geval van laasgenoemde nie. Hier gaan dit dikwels om `n chemiese reaksie tussen bepaalde voedsel komponente en sekere strukture in die maagdermkanaal. Allergieë speel dikwels `n rol in herhaalde infeksies en koeimelk is dikwels verantwoordelik. In ander gevallekandie betrokke allergene dikwels geïdentifiseer word met behulp van immunologiese toetse. Spesiale toetse is ook beskikbaar om voedselsensitiwiteite te identifiseer.

 

  1. 6.       DIE VERSKILLENDE STADIA VAN VERKOUE

Na besmetting van die neus weefsels  met die verkoue  virus duur dit 24 -36 uur voordat die virusvlakke piekwaardes in die weefsels te bereik. Gedurende hierdie periode is daar geen  simptome teenwoordig nie( à simptomatiese fase). Die immuunsisteem word ook gedurende hierdie fase gestimuleer om teen die virus op te tree. Dit begin met die induksie van verskillende sitokiene (immuunsisteem boodskappers) gedurende die 24-36 uur na infeksie terwyl makrofage en NKC selle ook geproduseer en gemobiliseer word. Ander immuun selle ( polimorfe leukosiete) arriveer op die toneel 36-47 uur post-infeksie. Dit is belangrik om te verstaan dat die simptome van `n verkoue  eers verskyn 45-50 uur na besmetting met die virus.  Die inflammatoriese simptome wat die pasiënt ondervind  word veroorsaak deur die kaskade van sitokiene wat vrygestel word in reaksie op die infeksie met die virus. Teen die tyd dat die simptome verskyn, is die virus reeds op pad uit a.g.v. die aktiwiteite van die immuunsisteem. Dit verklaar waarom preparate wat die virus vernietig ondoeltreffend is as die simptome verskyn. Die simptome word veroorsaak deur die pro-inflammatoriese effekte (insluitende die kaskade van sitokiene) en derhalwe is op daardie stadium middels met `n anti-inflammatoriese werking aangedui.  Die bogenoemde scenario verklaar ook waarom antibiotika min effek het tydens die vroeë stadiums van die infeksie. Daarnewens het antibiotika in elk geval geen effek op virusse nie.  Gedurende die vroeë stadia van die infeksie, word die lugweë beskadig deur die inflammasie soos hierbo verduidelik. Hierdeur word die weg gebaan vir sekondêre bakteriële infeksies van die beskadigde weefsels waarvoor antibiotika wel doeltreffend is veral as sodanige infeksies versprei na die  bronchia en die longe met gepaardgaande bronchitis en longontsteking.

 

  1. 7.       ECHINACEA: GEBRUIK VAN KORREKTE FRAKSIES

Drie primêre spesies van Echinacea word terapeuties gebruik om virus infeksies soos verkoue en griep te voorkom en te behandel, te wete Echinacea angustifolia, E .purpurea en E. pallida. Hiervan word die eerste twee meesal gebruik. Indien ekstrakte van hierdie spesies korrek gestandaardiseer is, is hulle baie effektief (standaardisasie beteken dat daar gedurende die ekstraksie proses seker gemaak word dat ‘n bepaalde minimum hoeveelheid van die aktiewe bestanddeel behoue bly). Die spesifikasie mag byvoorbeeld vereis dat die eindproduk 8 mg alkielamiede per 100g eindproduk bevat). Die fraksies mag alkielamiede (anti-inflammatories) en polisakkariede (immuun-stimulerend) insluit, en in die verlede is ekstrakte wat ryk is aan Echinoïede ook gebruik. Dit is belangrik om te verstaan watter tipe Echinacea ekstrak gebruik word, waarvoor dit gestandaardiseer is en wanneer dit die beste gebruikkan word.

 

As gevolg van bogenoemde oorwegings en navorsing gedoen deur Gaia Research in Amerika, is dit duidelik dat verkillende ekstrakte vir verskillende doeleindes gebruik moet word.Omdit beter te verstaan is dit nuttig om die verskillende stadiums van verkoue en griep te verstaan, en hoe die liggaam hierop reageer, soos elders in hierdie nuusbrief verduidelik. Soos verduidelik, is dit die kaskade van sitokiene (immuun moduleerders) wat inflammasie veroorsaak nadat infeksie reeds plaasgevind het wat die simptome veroorsaak. Teen die tyd dat ons die eerste simptome ervaar (inflammatoriese simptome), is die virus reeds besig om verwyder te word deur die liggaam se immuunstelsel. Dit beteken dat ons anti-inflammatoriese middels nodig het (soos die alkielamied fraksies van Echinacea), wanneer ons die eerste simptome opmerk, en nie soseer die immuun stimulerende fraksies nie. Die beste benadering is dus om hoë en gereelde dosisse van die alkielamied ryke fraksies te neem vir twee tot vier dae vanaf die tydstip wat die eerste simptome opgemerk word. Die alkielamied behandeling speel ‘n sleutelrol om die tipiese inflammatoriese simptome te voorkom, en indien korrek toegedien sodra die eerste simptome opgemerk word, is die kanse baie goed dat die verkoue beperk sal word tot baie min of selfs geen simptome.

 

Uit bostaande behoort dit duidelik te word dat Echinacea ekstrakte wat gestandaardiseer is vir die alkielamied inhoud effektief sal wees, terwyl ander minder effektief sal wees. Baie produkte op die mark is gestandaardiseer vir echinasiede, fenoliese verbindings of sjikoriensuur. Sommige minderwaardige produkte is glad nie gestandaardiseer nie, en gebruik slegs gemaalde gedroogde Echinacea blare met min of geen aktiewe bestanddele. Ander fraksies het geen of baie min immunostimulerende of anti-inflammatoriese aktiwiteit. Dit verklaar ook hoekom so baie proewe met Echinacea negatiewe resultate gelewer het wat gelei het tot die amptelike mediese siening dat Echinacea nie effektief is nie.

Ongelukkig is die anti-inflammatoriese alkielamiede redelik onstabiel, en wanneer droë plantmateriaal geberg word, verloor dit tot 50% daarvan binne 6 maande, maar sekere vloeibare ekstrakte het verbeterde alkielamied stabiliteit. Vêrder moet daarop gelet word dat die produk ongewenste sjikoriensuur mag bevat indien die nodige voorsorgmaatreëls nie getref word nie, veral met betrekking to temperatuurbeheer.

 

Die materiaal wat in die Fortifood Echinacea produk gebruik word is afkomstig uit ‘n fabriek in Switserland waar noukeurig aandag gegee word aan al die bostaande aspekte. Dit word voorberei van vars plant fraksies wat verkry word van koudgeparste sap om sodoende beide die polisakkaried sowel as die alkielamied fraksies te bevat. Dit word koud verwerk volgens GMP standaarde en bevat derhalwe geen sjikoriensuur nie. Vêrder word deur middel van laboratoriumtoetse verseker dat dit die gespesifiseerde polisakkaried fraksies bevat, terwyl elke lot ook geanaliseer word vir alkielamied fraksies.

 

  1. 8.       “FOODSTATE” AANVULLINGS

Baie nutriënte (vitamiene, minerale, aminosure ens.) kom in natuurlike produkte soos voedsel voor in die vorm van komplekse met proteïene en ander makromolekule. Vêrder moet baie van hierdie produkte soos kalsium en yster op soortgelyke wyse in komplekse in die spysverteringstelsel gebind word sodat hulle geabsorbeerkanword. Na aanleiding van bogenoemde oorwegings het die gedagte ontstaan om sulke komplekse met draer molekule (in teenstelling met vry molekule) te gebruik vir aanvullings. Daar is geredeneer dat sulke supplemente die natuurlike komplekse in voedsel meer getrou sou naboots. Studies het dan ook bevestig dat sogenaamde “Foodstate” supplemente beter geabsorbeer word, m.a.w. bio-beskikbaarheid is verhoog. Dit blyk ook dat die verhoogde bio-beskikbaarheid voordele inhou in die geval van sekere nutriënte, veral dié wat in klein hoeveelhede benodig word soos vitamien B12 en selenium.

 

‘n Tipiese proses om sulke “Foodstate” aanvullings voor te berei is om ‘n gis kultuur te kweek in teenwoordigheid van ‘n groot hoeveelheid van die spesifieke nutriënt soos selenium of vitamien C. Die gekweekte gisselle bevat dan die betrokke nutriënt in die vorm van ‘n gis proteïene. Die verrykte gissellekandan geoes word, en daarna drooggemaak en verhit word om die gisselle weer dood te maak. Hierdie materiaal word dan in tablette of kapsules as aanvullings gebruik.

 

Die proteïene en ander draers waaraan hierdie nutriënte gebind in die giskultuur is nie dieselfde as die natuurlike draers in voedsel nie. Vêrder benodig die mens meer as dertig verskillende nutriënte wat in voedsel voorkom. Dit sou beteken dat meer as dertig verskillende gis-gekomplekseerde nutriënte in ‘n paar tablette moet geformuleer word om ‘n volledige “foodstate” aanvulling voor te berei.

 

As gevolg van die spesiale prosesse wat betrokke is, is “foodstate” vorms aansienlik duurder as konvensionele vorms, en die vraag omstaan of soortgelyke verhoogde absorpsie nie ook verkrykanword deur eenvoudig ‘n hoër dosis van die konvensionele vorms te gebruik nie. Die feit moet nie uit die oog verloor word dat letterlik duisende studies in die verlede gedoen is met die konvensionele vorms, wat bewys het dat hulle in die praktyk wel effektief is.

 

‘n Ander alternatief om bio-beskikbaarheid te verhoog is om gebruik te maak van aminosuur-chelate (“AAC” = Amino Acid Chelates). Alhoewel hierdie opsie steeds duurder is as die konvensionele materiale, is dit aansienlik goedkoper as die Foodstate vorms. Aminosuur-chelate word in verskeie Fortifood produkte gebruik.

 

  1. 9.       MET KANKER GEDIAGNOSEER: WAT NOU?

Ons heg die eerste van twee artikels deur Prof. Serfontein aan wat onlangs in die Journal of Natural Medicine gepubliseer is, aan. Ons vertrou dat hierdie artikels riglyne verskaf indien u of een van u geliefdes ooit in die onbenydenswaardige posisie sou beland om met kanker gediagnoseer te word.

 

  1. 10.    NUWE PRODUK : ASMA FORMULE

Die produk bevat roosmaryn ekstrak, perilla blaar, luteolien en ander sinergistiese bestanddele  as `n nutrisionele basis en ondersteuning by die risikoverlaging en behandeling van simptome van allergie-geïnduseerde kondisies soos  asma en hooikoors. Die produk bevat ook twee verskillende vorms van magnesium ten einde optimale absorpsie van magnesium te verseker. Magnesium bevorder die ontspanning van die brongiale spiere om daardeur asma simptome te verminder. Verskillende studies het die waarde van magnesium in asma pasiënte onteenseglik bewys.

L-tourien  – as antioksidant-  speel `n belangrike rol om die longe te beskerm teen  vry radikale in die suurstof-ryke atmosfeer van die longe. Daar is bewyse dat die gereelde inname van tourien die intensiteit van asma-aanvalle betekenisvol verminder.

Luteolien is `n plantaardige bioflavonoïed met uitgesproke anti-allergiese eienskappe en dit is in die formule ingesluit omdat dit nou aanvaar word dat allergieë `n belangrike rol speel in asma.  Luteolien is ook `n potente inhibeerder van histamien vrystelling en dit tree ook op as inhibeerder van die pro-inflammatoriese sitokiene IL-6 en TNFa.

Roosmaryn suur  onderdruk allergie-simptome deur die aktivering van immuun respondeerderselle te verhinder.

Die perilla-blaar komponent  tree op as addisionele bron van roosmaryn suur  en luteolien.

Vitamien C verlig allergieë deur onder andere op te tree as antihistaminikum by hoe konsentrasies.  Daar is egter bewyse dat selfs lae konsentrasies verminder die risiko van asmatiese aanvalle  en verbeter longfunksie. Terselfdertyd is bewys dat vitamien C die brongiale lugweë beskerm teen die effekte van lae temperature en atmosferiese mistigheid.

 

  1. 11.    NUWE PRODUK : CHOLESTEROL  FORMULE

Dit is  `n ondersteunende nutrisionele supplement vir die verlaging van cholesterol, LDL en trigliseriede wat bestaan uit gallo-elagi  tannien afkomstig van die Indiese appelliefie (Amla) wat gekombineer is in die  produk met Rooi Rys Gis. Amla word reeds eeue-lank gebruik in Indië vir die behandeling van hartsiektes. Die doeltreffendheid van Amla ekstrakte vir die behandeling van hipercholesterolemie en aterosklerose is oortuigend bewys in `n reeks studies op mense sowel as proefdiere (sien byv. Europ J Clin Nutr 1988, 11: 9-39).

Die produk het twee verskillende effekte op cholesterol metabolisme in die lewer.  Enersyds onderdruk dit die aktiwiteit van die sleutel ensiem in cholesterol metabolisme (HMG- CoA reduktase) en aan die anderkant versnel dit die omsetting van cholesterol in galsure. Verskillende studies het bevestig dat Amla verminder totale cholesterol en LDL cholesterol met benaderd 29% en trigliseriede met 24% terwyl dit HDL cholesterol verhoog met 14%. Die HMG  CoA reduktase verlagende effek van AMLA word vêrder versterk in die produk  deur  die Rooi Rys Gisekstrak wat aktiewe bestanddele bevat met `n soortgelyke werking.   Alle produkte wat die ensiem HMG CoA reduktase (“n sleutel ensiem in die mitochondriale energie produksie ketting) onderdruk, onderdruk ook die biosintese van Koënsiem Q10 . Derhalwe bevat die produk ook Q10 om hiervoor te vergoed.  Die Rooi Rys Gis ekstrak het ook `n soortgelyke werking op die trigliseried, LDL en HDL vlakke as die AMLA ekstrak en ondersteun op die manier die werking van AMLA. Ander voordelige effekte van die produk sluit in onderdrukking van plaatjie aktiwiteit (anti-stollingseffek)  en onderdrukking van LDL oksidasie (Curr Ther Res1999, 60: 458).

  1. 12.    NUWE PRODUK : DIABETES FORMULE

`n Natuurlike produk wat ondersteuning verleen by die behandeling van tipe I maar veral tipe II diabetes wat Gymnema Sylvestre, Cinnamon Cassia en ander sinergistiese bestanddele bevat. Die produk is ontwerp om beide glukose en insulien-vlakke sowel as om die komplikasies wat saamhang met die diabetiese en pre-diabetiese toestande  te beheer. Dit is veral voordelig vir tipe 2 diabete maar tipe 1 vind ook baat daarby. Alfa-lipoësuur bevorder die oksidasie van koolhidrate en verbeter sodoende insulien-weerstandigheid. Dit is veral belangrik om die komplikasies van diabetes teen te werk.  Hoe dosisse biotien stabiliseer bloedsuikervlakke in beide tipe 1 en tipe 2 diabete. Chroom is nodig vir insulien werking en die sellulêre opname van glukose. Chroom is veral krities in die tipe 2 pasiënt deur die doeltreffendheid van bestaande insulien vlakke te verhoog. Hierdeurkaninsulien doseringsvlakke verlaag word.  Wyd verspreide chroom tekorte as gevolg van grond uitputting en voedsel manipulering dra by tot die toenemende epidemie van diabetes in die Westerse Wêreld.  Magnesium is nodig vir energie produksie en lae vlakke verhinder die doeltreffende beheer van glukose bloedvlakke. Gymnema Sylvestre word dikwels gebruik in die behandeling van beide tipes diabetes. Daar is bewyse dat dit insulien benodighede betekenisvol verminder en dit mag selfs help om die beskadigde pankreas te herstel. Bilberry ekstrak verbeter die mikro sirkulasie veral in die oë en dit mag sodoende diabetiese  retinopatie voorkom.  Niasienamied verminder insulien vereistes en beskerm die pankreas (Diabetologica 1995, 38:8480). Vanadium boots die werking van insulien na en verminder sodoende die insulien benodighede. Dit is `n essensiële aanvulling vir almal met insulien probleme (J Clin Invest 1995, 95: 2501). Daar is dikwels `n mangaan tekort by diabete en `n tekort daarvan belemmer die pasiënt se vermoë om suikers te hanteer. Kaneelekstrak bevat aktiewe bestanddele wat reeds vir jare gebruik word om diabetes te behandel. Hierdie aktiewe bestanddele beïnvloed die metabolisme van glukose op verskillende vlakke.

  1. 13.    NUWE PRODUK : ALKALINISERENDE FORMULE 

Die skadelike effekte van sistemiese suurheid : Die normale bloed pH by  volkome gesonde mense is in die omgewing van 7.4 -7.5. Dit is lankal reeds bekend dat waardes laer as dit nie verenigbaar is met volkome gesondheid nie terwyl hoër waardes binne perke (d.w.s. meer alkaliese waardes)  bevorderlik is vir goeie gesonde metaboliese prosesse. Dit is ten minste gedeeltelik te wyte aan die feit dat ensiem sisteme in die liggaam nadelig beïnvloed word deur suur toestande. Die formule is ontwerp om sodanige suurheid  teen te gaan.  Koraal kalsium is `n bron van kalsium en magnesium, beide alkaliniserende minerale. Kalium sitraat alkaliniseer die bloed vêrder terwyl dit terselfdertyd  kalium voorsien wat verlore mag gaan as gevolg van toenemende alkaliniteit.

  1. 14.    NUWE PRODUK : BIOMAG

Hierdie magnesium aanvulling bevat drie verskillende vorms van magnesium om opname en sellulêre toetrede van magnesium te bevorder. Die aspartaat vorm van magnesium het die spesifieke eienskap om sellulêre  opname van magnesium te bevorder terwyl die sitraat intestinale absorpsie verhoog. Hierdie chelaat vorms van magnesium word beter geabsorbeer as die gewone magnesium soute.  Aangesien absorpsie van koper, mangaan en sink tot `n mate onderdruk word deur magnesium, word hierdie minerale ook in die formule voorsien om tekorte te voorkom.

  1. 15.    NUWE PRODUK : BIOMAG SPORT

Dit is ‘n magnesium-bevattende formule vir sportlui wat magnesium voorsien sowel as ander nutriënte wat bloed suurstof voorsiening aan die weefsels verhoog terwyl dit ook bloedvorming en energieproduksie verhoog. Magnesium is teenwoordig in verskillende vorms ten einde absorpsie en sellulêre toetrede te verhoog. Inositol heksafosfaat en L-arginien verbeter die bloedtoevoer na die weefsels. Die produk voorsien ook bloedvormende nutriënte soos vitamien B12 , foliensuur en yster in die vorm van ferro suksinaat. Nutriënte wat energie vrystel uit voedingstowwe soos tiamien, niasien amied , pantoteensuur , vitamien B6 en alfa- lipoësuur word ook voorsien. Die produk bevat ook die minerale chroom, koper, mangaan, kalium en sink omdat hulle sinergisties met magnesium werk en ook omdat hoë konsentrasies van magnesium die absorpsie van hierdie minerale mag onderdruk.  L-karnitien en sy voorlopers L- metionien en L-lisien is ook teenwoordig aangesien karnitien die sellulêre opname van energie-lewerende vetsure bevorder. Hierdeur word die energie lewering deur dieet vette verhoog.

 

  1. 16.    NUWE PRODUK : OOGFORMULE

 

`n Nutrisionele ondersteuningsproduk vir beskerming teen afnemende visuele vermoë, makulêre degenerasie en katarak. Die produk bevat luteïen, zeaxantien en likopeen wat karotenoïede met sterk antioksidant eienskappe  is. Hierdie karotenoïede besit die eienskap om in sekere weefsels veral die lens en makula van die oë te konsentreer om sodoende hierdie weefsels te beskerm teen vry radikaal skade wat ontstaan as gevolg van die werking van ligstrale. Sodoende verleen hulle beskerming teen makulêre degenerasie wat verantwoordelik is vir gesigsverlies by baie ouer mense.

Talle studies het getoon dat hoë konsentrasies van L-tourien in die oë benodig word  ten einde optimale oog strukture en funksie te handhaaf (Exp Eye Res1999, 60 ; 291).

Bilberry ekstrak bevat `n bioflavonoïed wat `n affiniteit het vir die retina aan die agterkant van die oog waar dit beskerming verleen teen vry radikale. Daarbenewens verbeter dit die sirkulasie in die retina wat dikwels onvoldoende is by ouer mense

 

  1. 17.    NUWE PRODUK : XILITOL

 

Dit is `n merkwaardige natuurlike versoeter wat afgelei is van die suiker xilose. Nie alleen veroorsaak dit nie tandbederf (karies) nie, maar dit beskerm positief teen tandbederf. Dit is veilig vir diabete (verhoog nie bloedglukose vlakke nie) en word ook dikwels gebruik in verslankingsprogramme. Die produk bevat geen sintetiese versoeters soos aspartame, sakkarien of siklamate nie. Die produk moet nie gebruik word in gekookte eetware nie.

 

  1. 18.    NUWE PRODUK: SKWALEEN

 

Dit is `n uiters waardevolle vetoplosbare antioksidant wat veral sekere anatomiese strukture in die liggaam beskerm en sodoende beskerming verleen teen `n wye reeks siektetoestande insluitende infeksies, kanker en hartsiekte.

Skwaleen is ‘n endogene antioksidant wat binne in die selle geproduseer word op aanvraag  wat uitgesproke beskerming verleen teen `n wye reeks vry radikale. Danksy sy unieke isoprenoïedstruktuur, is dit hoogs vetoplosbaar en derhalwe in staat om te konsentreer in die lipiedsone van die selmembraan om sodoende daar beskerming te verleen teen skadelike vry radikale. Onder andere as gevolg hiervan,  word die toetrede van virusse en toksiene tot die sel onderdruk. Op `n soortgelyke wyse word die selmembrane van die immuunselle beskerm waardeur verbeterde immuunfunksie verseker word. Die belangrikste natuurlike bron van skwaleen is  die sogenaamde “ dogfish”, `n bepaalde soort diepsee haai met `n besondere groot lewer waarin groot voorrade skwaleen gestoor word. Hierdie haaikanbaie diep in die see (tot 3000 m) oorleef vanweë die groot voorrade skwaleen wat dit besit omdat skwaleen die vermoë het om suurstof te bind en dit na die weefsels te vervoer. Sodoendekandie haai in die suurstof –arme omgewing diep in die see oorleef. Derhalwe word skwaleen ook terapeuties gebruik in siektes soos byv. kanker waar die suurstof status van die selle subnormaal is.

Skwaleen kom ook in groot hoeveelhede in die vel voor waar dit beskerming verleen vry radikale en  peroksidasie van membraan lipiede. In die opsig is dit beter as vitamien E omdat laasgenoemde nie so goed in biomembrane gekonsentreer word nie. Vêrder ook omdat vitamien E, anders as skwaleen, nie vrylik binne in biomembranekanrond beweeg nie. Vêrder ook vereis vitamien E reaktivering deur ander endogene antioksidante vir volgehoue aktiwiteit, iets wat nie nodig is nie in die geval van skwaleen.

Skwaleen is deel van die sintetiese kettingreaksie in die selle waarby asetaat omvorm word tot cholesterol via `n groot aantal tussen stappe waarvan mevalonsuur en skwaleen deel is. Daar is bewyse dat skwaleen, deur middel van `n terugkoppeling-sisteem, die snelheid van hierdie proses beheer en derhalwe ook die snelheid waarteen cholesterol in die selle geproduseer word.

Hierdie baie beknopte oorsig toon dat skwaleen `n sleutel verbinding is met verrykende gesondheidsimplikasies  insluitende beskerming teen kanker, virus-siektes en hartaanvalle. Dit is egter belangrik om slegs die allerbeste kwaliteit skwaleen te gebruik en om veral aandag te gee aan die  toksiese mineraal gehalte van die produk.

Vanaf die standpunt van natuurbewaring, is dit belangrik dat die “ dogfish” tipe haaie baie voorkom in die oseane. Dit is die mees voorkomende tipe haai  en alhoewel dit verwant is aan die haai-familie, is hierdie soort haai nie op die gevaarlys van bedreigde spesies nie aangesien hulle in sulke oorweldigende getalle wyd verspreid oor die oseane van die wêreld voorkom.

 

  1. 19.    PRODUK VERBETERING: VISOLIE IN VEGI-CAPS

Ons visolie is nou beskikbaar in vegi-caps in plaas van die gewone softgels. Dit bevat dus geen dierlike produkte nie en is derhalwe aanvaarbaar vir streng vegetariërs.

 

  1. 20.    BINNEKORT VAN FORTIFOOD:
  • Q10 in visolie
  • Gel vir pyn verligting, spesifiek arthritis.
  • Bloubessie-ekstrak.
  • Muscle tone: nutriënte om spier verlies gedurende ernstige siekte te voorkom, asook vir spierverlies in ouer persone.

Raadpleeg asseblief gereeld u pryslys, of doen navraag by ons kantoor.

 

  1. 21.    SENIOR BURGER VOORDELE

Die skema wat op ‘n toets basis geïmplementeer is het groot byval gevind en is nou permanent ingestel. Dit is vir ons ‘n voorreg om ‘n verskil te maak by diegene wat aanvullings die nodigste het, maar wat dikwels sukkel om finansieel kop bo water te hou. Skakel gerus ons kantoor vir vêrdere inligting.

 

  1. 22.    KANTOOR SLUITING GEDURENDE DESEMBER

Let asseblief daarop dat ons kantore om12:00op Vrydag 21 Desember 2007 sluit en dat ons op Woensdag 2 Januarie 2008 heropen.

 

Laastens wil ons u bedank vir u ondersteuning die afgelope paar maande. Tree asseblief met ons in verbinding indien u voorstelle het vir bespreking in hierdie nuusbrief of indien u enige navrae het. Alhoewel ons moontlik nie altyd al die antwoorde onmiddellik gereed mag hê nie, beskik ons wel oor die nuutste inligting in verband met voedingsaanvullings en natuurlike medisyne.

 

Die uwe,

 

 

 

Die Fortifood span.

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.