SONNEBLOMSAADOLIE

Deur Prof. W.J. Serfontein.

 Prof. O. Warburg het jare gelede reeds bewys dat die fundamentele rede vir die ontstaan van kanker toegeskryf kanword aan ‘n tekort van intrasellulêre suurstof, d.w.s suurstof binne selle. Linoleïensuur (omega 6 vetsuur) speel ‘n kritiese rol in die voorsiening van intrasellulêre suurstof as gevolg van sy werking op selmembrane. Onverouderde, onverwerkte sonneblomolie (in teenstelling met gewone kookolie) is ‘n bron van hierdie kritiese linoleïensuur.

Die algemene aanname dat ons ‘n oormaat van linoleiensuur uit ons voedingbronne verkry, is nie korrek nie. Wat wel waar is is dat ons `n oormaat van verouderde en verwerkte linoleiensuur inneem wat ons van van kommersiële kettingwinkels verkry. Sodanige verouderde linoleiensuur is egter onaktief wat betref intrasellulêre suurstofvoorsiening ( Peskin en Habib, “ The Hidden Story of Cancer, Pinnacle Press, Houston,2008.

 Fortifood het daarin geslaag om `n uitstekende bron van onverouderde sonneblomolie  te vind wat derhalwe ‘n goeie bron van onverouderde, biologiesaktiewe linoleïensuur is. Die olie word koud gepars en hermeties verseël in glasbottels wat met stikstof gevul is. Hierdeur word daar verseker dat die inhoud vry van suurstof is en derhalwe ook baie lae peroksiedwaardes het. Monsters van die produk word periodiek ge-analiseer ten einde te verseker dat die verbruiker die allerbeste produk kry

Leave a Reply

You must be logged in to post a comment.