Fortifood Health Services (Pty) Ltd is `n egte Suid Afrikaanse maatskappy met `n visie om gesondheidsprodukte en inligting te verskaf aan `n breë segment van die ingeligte publiek en aan die gesondheidsindustrie.

Die maatskappy het sy ontstaan te danke aan die insette van die afgetrede Emeritus Professor W. J. Serfontein in `n poging om by te dra tot `n beter insig in die onderliggende oorsake van die belangrikste siektestoestande gedurende die tydperk wat hy verbonde was aan die Departement van Chemiese Patologie teen die einde van sy lewenslange loopbaan as dosent en navorser aan die Universiteit van Pretoria.

Professor (Willem) Serfontein het in verskillende vertakkings van die medisyne gestudeer insluitende mediese biochemie en farmakologie aan die Universiteite van Stellenbosch en Pretoria. Hy het later, na die toekenning van die Koningin Victoria Stipendium deur die Universiteit van Stellenbosch, sy studies in Nederland voortgesit en `n doktorsgraad aan die Universiteit van Leiden verwerf.

Hy is steeds betrokke by navorsing op gesondheidsgebied vir die maatskappy . Sy belangrikste taak is voorsiening van inligting aangaande die jongste ontwikkelings op gesondheidsgebied, die ontwikkeling van nuwe produkte en om leiding te gee aan gesondheidsdeskundiges in verband met lewenstyl en voeding in die hantering van gesondheidsprobleme. Hy publiseer gereeld wetenskaplike artikels en is die skrywer van verskeie boeke op gesondheidsgebied insluitende hartsiektes en kanker.

Fortifood spesialiseer in natuurlike produkte wat wetenskaplik bewys is om by siektetoestande `n rol te speel. Die meganisme van werking van sodanige natuurlike stowwe by siektetoestande moet `n wetenskaplike basis hê . Dit is nie onverwags nie dat die grootste segment van ons kliënte bestaan uit dokters en ander gesondheidsdeskundiges. Deur middel van sy boeke, publikasies, radiopraatjies en konsultasies, het Prof Serfontein `n belangrike rol gespeel om `n veranderde persepsie teweeg te bring ten opsigte van natuurlike medisyne by talle konvensionele mediese dokters.

Ons by Fortifood, glo daaraan dat daar geen onderskeid behoort te bestaan tussen die sogenaamde “alternatiewe medisyne” en die konvensionele medisyne nie. Die ware oorsake van siektes het altyd te doen met natuurlike prosesse met behulp waarvan die liggaam funksioneer .

Daarom moet behandelingsmetodes van siektes tot `n groot mate berus op natuurlike prosesse wat deur natuurlike produkte teweeggebring word. Ons is derhalwe ook `n trotse ondersteuner van die South African Society for Integrative Medicine.

Die informasie in hierdie webwerf moet nie gesien word as mediese advies nie. Indien u siek is moet u ‘n dokter konsulteer. Behalwe waar aangedui is, is Fortifood produkte nie getoets in offisieële klieniese toetse vir die effektiwiteit in voorkoming en genesing van siektes nie, en moet dus nie enige medisyne vervang nie.

This is also available in: English