Welkom by ons webtuiste!
FortiFood spesialiseer in natuurlike produkte waarvoor wetenskaplike redes bestaan dat hulle 'n rol in gesondheid speel. Die werkingsmeganisme van natuurlike stowwe moet 'n mate van wetenskaplike grondslag hê of ten minste tot 'n mate verstaan word. Dit verbaas nie dat die belangrikste deel van ons kliënte uit dokters en ander gesondheidswerkers bestaan nie. In werklikheid het prof Serfontein deur sy boeke, radiogesprekke, besprekings en konsultasie 'n wesenlike rol gespeel om die persepsieverandering van natuurgeneeskunde by baie konvensionele dokters te bewerkstellig.
FortiFood is 'n trotse borg van die South African Society for Integrative Medicine SASIM (www.integrativemedicine.co.za), want ons glo vas dat daar geen onderskeid moet wees tussen “alternatiewe medisyne” en konvensionele allopatiese medisyne soos wat tans deur baie dokters beoefen word nie. Aangesien die werklike oorsaak van siekte altyd verband hou met die natuurlike prosesse van die liggaam (wat ons probeer identifiseer en regstel), moet pogings tot genesing in 'n groot mate op natuurlike prosesse gebaseer wees.
Besoek ons Oor Ons bladsy vir meer inligting.